Welcome To Jeffreys Bay

ERGE WATERKRISIS STAAR KOUGA IN GESIG

Die Kougadam bevat huidiglik slegs 18 % water as ‘n gevolg van die droogte. Dit het ‘n invloed op die hele area, het Kouga se Burgemeester, Elza van Lingen, verlede week tydens ‘n spesiale Raadsvergadering waar die probleem bespreek is, gesê.

Toekenning van water aan Besproeiingsboere in die Gamtoosvallei is drasties verminder en die boere is versoek om waterverbruik drasties te sny.

Die Kouga Munisipaliteit het ook kennis van die Gamtoos Besproeiingsraad ontvang dat die Munisipaliteite van Hankey en Patensie slegs toegelaat sal word om vir 10 ure per dag water uit die kanale te pomp. Hierdie twee dorpe kan dus binnekorrt sonder gereelde watervoorsiening wees indien dit nie spoedig reën nie. Volgens die weerburo word deurdringende reën nie binne die eerskomende paar dae in die Kouga-area verwag nie.

In praktyk kon die Munisipaliteit vir 18 uur per dag water vanuit die kanale onttrek om die reservoirs vol te hou en om water aan huishoudings, skole en besighede in hierdie twee dorpe te voorsien. Volgens die Burgemeester kan die dorpe totaal sonder water wees indien die pomp van water na 10 ure per dag verminder word. Dit kan verder tot gevolg hê dat reservoirs sal opdroog.

In die verlede het die Kouga Munisipaliteit water uit die Kleinrivier gebruik om Hankey van water te voorsien tydens die ‘droe periode’, wanneer die kanale gesluit word vir instandhouding. As gevolg van die voortdurende droogte het die rivier egter tot stilstand gekom en water is nie veilig vir gebruik nie. Water word dus tans daagliks vanaf Humansdorp na Hankey vervoer vir gebruik deur inwoners van die dorp. Volgens Van Lingen is die aanry van houers water met trokke tussen die twee dorpe reeds baie moeilik in die ‘droë periode’ wanneer instandhouding aan die kanale gedoen word.  Dit sal nie volhoubaar wees indien dit vir maande of selfs jare gedoen moet word as inwoners nie water vanuit die kanale kan bekom nie.

Sy het egter gemeenskappe wat hierdeur geraak word, verseker dat hulle met die Besproeiingsraad en ander rolspelers onderhandel om te voorkom dat die beperking nie in ‘n krisis ontaard nie. Daar is ook tans met onderhandeling begin om boorgate in Hankey en Patensie te sink om die probleem te help oplos.

Mariza Roux Hofmeyr
News Reporter

 

    Leave a Reply

    Your email address will not be published. Required fields are marked *

    Jeffreys Bay

    Jeffreys Bay Online is your go‑to hub for local news, community stories, and Eastern Cape updates. From breaking headlines to uplifting features, we bring readers the latest events, weather, and lifestyle highlights that matter most to the Kouga region. Our mission is to keep the community informed, connected, and inspired with content that reflects the vibrant spirit of Jeffreys Bay.
    Subscribe to our newsletter
    The latest news, articles, and resources, sent to your inbox weekly.
    Follow us on socials
    SUPPORT JEFFREYS BAY ONLINE! Innovation starts with a spark of inspiration. We rely on your support, whether subscription, donation or advertising, for independence, diversity and quality news and community initiatives.
    © 2025 - 2030 Jeffreys Bay Online. All rights reserved.