Padlangs Country Restaurant and Shop
In net 18 uur het die Kougadam van 30% na 128% gestyg en die “Brullende Leeu” van die Gamtoos het weer gewys dat die natuur altyd in beheer bly. Hierdie is die ergste vloed in menseheugenis wat ons Vallei nog beleef het.
Ons harte is swaar oor die ongelooflike skade in die Gamtoos en ook op ons eie plaas. Paaie, lande, huise en infrastruktuur is ernstig geraak. Ons dink spesiaal aan die Ferry Hotel wat totaal onder water was, asook elke familie, besigheid en plaas wat deur hierdie verwoestende vloede geraak is. ![]()
Maar selfs tussen die modder en verwoesting is daar steeds baie om voor dankbaar te wees — mense wat help, hande wat uitreik en ‘n gemeenskap wat saamstaan wanneer dit regtig saak maak. ![]()
Ons het die afgelope paar dae geen selfoon ontvangs of eskom krag nie maar ons is hoopvol dat dit binnekort herstel sal word.
Padlangs sal Sondag, 10 Mei oop wees indien ons krag teen dan herstel is.
Geen Moedersdag-ete hierdie jaar nie — ons sal wel ‘n à la carte spyskaart beskikbaar hê.
Pad via Thornhill – Hankey is oop
R331 is tans gesluit
Dankie vir elke boodskap, oproep en gebed. Die Gamtoos se mense is sterk. Ons sal weer opstaan.