Welcome To Jeffreys Bay

NICO MALAN IN TOP 5 ATKV REDENAARSKOMPITISIE

Hoërskool Nico Malan se debat span het in die Top 5  skole ge-eindig in die 2018 ATKV se Skole Redenaars Kompetisie.

14 spanne van spogskole van oral oor die land het deelgeneem en Ruan Smit, Megan Heppell en Mariche Watermeyer maak almal wat na hulle geluister het, stom! Hulle het een en almal oortuig dat DAAR GEEN OUDERDOMS BEPERKING OP FLIEKS BEHOORT TE WEES NIE!

Die kompetisie het in Port Elizabeth begin waar hulle eers teen Hoërskool Pearson debateer en gewen het. Met hierdie wen het hulle die Oos-kaap gaan verteenwoordig by die Suid-Oos Kaap kompetisie wat by Hoërskool Outeniqua aangebied is. Hier het hulle weer skoonskip gemaak.

By die ATKV landsfinaal het hulle die Suid-Oos Kaap verteenwoordig en is in die die Top 5 geplaas.

Twee Nico Malan leerlinge, Mariche Watermeyer en Emmie Butoi het ook deurgedring tot by die ATKV Landsfinaal en is onder die Top 25 redenaars leerlinge in die land. Finale posisies sal eerskomende week bekend gemaak word. Ons hou almal duim vas.

    Leave a Reply

    Your email address will not be published. Required fields are marked *

    Jeffreys Bay

    Jeffreys Bay Online is your go‑to hub for local news, community stories, and Eastern Cape updates. From breaking headlines to uplifting features, we bring readers the latest events, weather, and lifestyle highlights that matter most to the Kouga region. Our mission is to keep the community informed, connected, and inspired with content that reflects the vibrant spirit of Jeffreys Bay.
    Subscribe to our newsletter
    The latest news, articles, and resources, sent to your inbox weekly.
    Follow us on socials
    SUPPORT JEFFREYS BAY ONLINE! Innovation starts with a spark of inspiration. We rely on your support, whether subscription, donation or advertising, for independence, diversity and quality news and community initiatives.
    © 2025 - 2030 Jeffreys Bay Online. All rights reserved.