Welcome To Jeffreys Bay

AfriForum stig plaas- en buurtwagte

Die veiligheidssituasie in ons land het sodanig versleg dat dit gebiedend noodsaaklik geword het dat die publiek in ‘n al groter mate verantwoordelikheid sal moet neem vir hulle eie veiligheid en beskerming. Om op die staat alleen te vertrou is nodeloos.  Die plaaslike SAPD doen hulle bes, maar beskik eenvoudig nie oor die mannekrag en logistieke vermoë om doeltreffend op te tree teen misdaad nie.

AfriForum het dus die inisiatief geneem om plaas- en buurtwagte oor die hele land te stig.

AfriForum Jeffreysbaai is bekommerd oor ons eie landelike gebiede want dit is ‘n gegewe feit dat plaasaanvalle besig is om suidwaarts te skuif. ‘n Parate landbougemeenskap is dus noodsaaklik om ‘n ramp in ons gebied te voorkom.

Die plaaslike tak van AfriForum het dus die vrymoedigheid geneem om kundiges op dié gebied na Jeffreysbaai te nooi om ons landbougemeenskap in te lig oor die moontlikhede en werking van ‘n plaaswag. Sodanige byeenkoms sal plaasvind op WOENSDAG 17 MEI 2017 in die SAAL van LAERSKOOL JEFFREYSBAAI (LW nie die NEWTON SAAL nie). Voorlopig beplan ons dat die vergadering om 18:30 sal begin.  U sal later weer per sms kennis kry van die presiese tyd.

Ons is onseker oor die mees geskikte tyd. Ons weet dat die namiddag moeilik is vir melkprodusente en dat gewone landbouprodusente nie graag saans van hulle plase wil weg wees nie.  Ons sal dit dus waardeer indien u ons by onderstaande nommers sal skakel om ons van meer inligting oor ‘n geskikte tyd te voorsien.

Ons wil dit ook baie duidelik stel dat die byeenkoms nie net vir lede van AfriForum is nie, maar vir elke landbouprodusent in ons gemeenskap.  Dit is baie belangrik dat deie eggenotes ook die byeenkoms bywoon, want hulle moet saam met hulle gades opgelei word sodat hulle paraat kan wees in die geval van ‘n aanval en/of enige ander misdaad.

Ons vertrou dat u die geleentheid sal gebruik om uself verder te bekwaan om u eie veiligheid te verseker.

Hou gerus ook die plaaslike pers dop vir verdere inligting.

Met vriendelike AfriForum groete.

Frikkie Sutherland

Koördineerder Plaaslike Veiligheid

Nommers wat geskakel kan word:

Dolph Botha (Voorsitter)   042 296 2660 of 071 689 9761

Frikkie Sutherland   082 730 1309 of 042 296 0887

Marcelle van Schalkwyk    083 650 8589

    Leave a Reply

    Your email address will not be published. Required fields are marked *

    Jeffreys Bay

    Jeffreys Bay Online is your go‑to hub for local news, community stories, and Eastern Cape updates. From breaking headlines to uplifting features, we bring readers the latest events, weather, and lifestyle highlights that matter most to the Kouga region. Our mission is to keep the community informed, connected, and inspired with content that reflects the vibrant spirit of Jeffreys Bay.
    Subscribe to our newsletter
    The latest news, articles, and resources, sent to your inbox weekly.
    Follow us on socials
    SUPPORT JEFFREYS BAY ONLINE! Innovation starts with a spark of inspiration. We rely on your support, whether subscription, donation or advertising, for independence, diversity and quality news and community initiatives.
    © 2025 - 2030 Jeffreys Bay Online. All rights reserved.